Loading Events
  • This event has passed.

Die eerste konsert van die Tweede Seisoen van die Endler Konsertreeks vind plaas in die gees van die Internasionale Koorspele (World Choir Games), en bied gehore drie kore: Die Neuer Kammerchor (Berlyn), Simon Estes-koor (Khayelitsha), en die Amici de Lumine-jeugkoor van Kaapstad. Dié geleentheid vind plaas op Saterdag 21 Julie, om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die 10de Koorspele (as Interkultur-gebeurtenis) word vanjaar vir die eerste keer op Afrika-bodem aangbeid in Pretoria. Die Spele is ‘n geleentheid waar amateurkore uitgenooi word om oor 11 dae heen ander koorsangers vanoor die hele wêreld op kompetisievlak te ontmoet, by wyse van Vriendskapkonserte en groter sangprojekte. Hier kan hulle die essensie van die Sui-Afrikaanse koormusiek ervaar, en ‘n gemeenskaplike geesdrif vir koosang deel, en wedersydse inspirasie vind. Die besoek Stellenbosch As deel van die Koorspele doen die Neuer Kammerchor ook Stellenbosch aan ter wille van die koorpraktyk. Dié groep bestaan uit musiekstudente van die Berlynse Universiteit van die Kunste, opgeleide sangers en ander lede met ruim koorervaring.

DieBerlynse koor tree op in die eerste helfte  van die consert, met werke van Monteverdi, Reger, Whitacre, en onder meer ook Mäntyjärvi se Vier Shakespeare-liedere. Na pouse word hulle aangevul met twee plaaslike kore  – Simon Estes-koor van Khayelitsha, en die Kaapstadse jeugkoor Amici de Lumine, met enkele ander items.

Dié uitsonderlike geleentheid is ‘n illustrasie van ‘n ryk internasionale koortradisie.

Kaartjies teen R140 (volprys) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!