Loading Events
  • This event has passed.

Internasionale kunstenaars Douglas Masek en Neal Stulberg se Suid-Afrikaanse toer: Nasionale Saxofoon-Simposium 2018.

Hierdie saxofoonduo se Suid-Afrikaanse besoek begin binnekort, en behels ‘n uitgebreide toer rondom die Suid-Afrikaanse Saxofoonsimposium – die vierde jaarlikse onderneming deur die Suid-Afrikaanse Saxofoonvereniging. Masek en Stulberg is erkende leiers en uitvoerende kunstenaars op die gebied,  Hulle besoek volg op  uitnodiging deur Matthewe Lombard, die voorsitter van die Vereniging. Die duo se Suid-Afrikaanse toer sal ‘n seleksie van min-gehoorde werke uit die saxofoon-repertorium insluit.

Die program sal musiek van Astor Piazzolla en David Heath insluit, asook van die Suid-Afrikaanse komponis Allan Stephenson. Die insluiting van Suid-Afrikaanse musiek in die program is nie toevallig nie – danksy etlike toere is Masek geen onbekende in Suid-Afrika nie, en hy het sterk bande met plaaslike komponiste van saxofoonmusiek.

Afgesien van uitvoerings deur die land sal die duo ook deel hê aan kleiner uitvoerings, en ook werkswinkels en meesterklasse binne die raamwerk van die Saxofoonsimposium aanbied. Die Simposium, wat in 2014 deur Matthew Lombard en Karendra Devroop in die lewe geroep is, voorsien opleiding aan musici op alle vlakke – deelnemers reik vanaf laerskool tot volwasse spelers, met vaardighede vanaf beginners tot professionele kunstenaars. Die impak van ‘n internasionale kunstenaar soos Masek is langdurig, soos die getuig word deur gereelde deelnemers aan dié jaarlikse geleentheid.

Die nasionale toerplan:

Donderdag 19 Julie 2018, 19:30:  Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus): Konsertreeks in die Konservatoriumsaal.

Sondag, 22 Julie 2018, 16:00: Universiteit van Suid-Afrika: Musiekstigting Konsertreeks, Enoch Sontonga-saal, Pretoria.

Saterdag, 28 Julie 2018, 20:00: Stellenbosch Universiteit: Endler Konsertreeks, Endlersaal, Stellenbosch. Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. 

Dinsdag, 31 Julie 2018, 19:30: Universiteit van die Vrystaat: Konsertreeks, Odeion Konsertsaal, Bloemfontein.

Vir meer inligting oor die Nasionale Saxofoon-simposium, besoek www.saxophonesociety.org

Vir meer inligting oor die Stellenbosch-konsert, skakel met Fiona Grayer at concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!