Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks, in samewerking met die Stellenbosch Universiteit se Transformasiekantoor en die Voueforum bied ‘n konsert an ter viering van vanjaar se Vrouedag, op Woensdag 8 Augustus om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.

Hiervoor staan die Stellenbosch Universiteit se Jazz Band gereed, onder die leiding van Felicia Lesch, asook die Suid-Afrikaanse jazz-ikoon Gloria Bosman, en opkomende jazzkunstenaars Babalwa Mentjies en ‘n vorige Sertifikaatstudent Zinzi Carolissen. Zinzi is tans student aan die Berkeley Musiekkollege in Boston.

Die konsert word in besonder opgedra aan die nagedagtenis van Albertina Sisulu, of  Ma Sisulu, soos sy bekend gestaan het by die Suid-Afrikanse publiek. Sy was ‘n politieke aktivis en verpleegster, en een van die belangrikste leiers van die apartheid-weerstandsbeweging. Haar hele lewe was in diens van menseregte-ideale, en daarin bygestaan deur haar eggenoot en medeaktivis Walter Sisulu.

Felicia Lesch is ‘n geesdriftige ondersteuner van musiek as ‘n werktuig vir sosiale verandering, en is verantwoordelik vir die totstandkoming van die Jazzorkes as een van die ensembles van die Sertifikaatprogramme. Hierdie akademiese program is in die lewe geroep as ‘n voor-voorgraadse program van die Universiteit se Musiekdepartement, ten einde lede van die breë gemeenskap toe te rus met musikale geletterdheid en instrumentale vaardigheid, en hulle sodoende in staat te stel om ‘n begin te maak met BMus- of Diplomaprogramme op tersiêre vlak.

Die Jazzorkes is reeds bekend by luisteraars, as gevolg van hulle lewendige en energieke uitvoerings, soos die mees onlangse konsert saam met Sibongile Khumalo, Gloria Bosman, Amanda Strydom en Timothy Moloi gedurende die Woordfees van 2018. Hulle was ook vanjaar dieonvangers van ‘n Fiësta-tokenning vir die Beste Buiteluguitvoering.

Hierdieis ‘n unieke geleentheid om jong talent in aksie te sien.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (pensioenarisse en studente) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur, ‘n uur voor aanvang.

Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

 

Share This Story, Choose Your Platform!