Loading Events
  • This event has passed.

Die Kamerkoor van die Universiteit van Stellenbosch, onder leiding van Martin Berger, is uitgnooi om deelmte hê aan die 12de Cantemus Internasionale Koorfees in Nyíregyháza, Hongarye, vanaf 16 tot 21 Augustus 2018.

Die Kamerkoor is in 2014 gestig as ‘n integrale deel van die Universiteit se Musiekdepartement. Lede is musiekstudente en meer gevorderde koorsangers, wat almal streef na uitnemendheid in koorsang.

Die vindigryke program vir hierdie toer sluit in Suid-Afrikaanse komposisies van individue soos Sacks Williams, Franco Prinsloo en Le Roux Marais, asook werke van buitelandse komponiste soos Jake Runestad en Kim André Arnesen. Die tweede helfte van die program sal grotendeels bestaan uit tradisionele Suid-Afrikaanse musiek, met verwerkings van Michael Barrett, en ‘n keurspel van tradisionele plaaslike musiek.  Die uitvoering vind plaas in die Endlersaal op Sondag 12 Augustus, om 16h30, onmiddellik voor die koor se vertrek.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse en studente) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!