Loading Events
  • This event has passed.

Die reëlings vir vanjaar se e’Bosch Skoolkorefees, wat sowat 600 leerlinge van 21 skole uit die Stellenbosch-Franschhoek-area betrek, is reeds goed op dreef.

Die feeskonsert sal plaasvind op Saterdag, 14 September om 3 nm. by die Coetzenburg Sportsentrum, en toegang is gratis. Die projekleier van die koorfees, Brent Reynolds verduidelik dat die 21 skole verdeel word in vyf groepe wat elk 4 of 5 sal insluit. . Elke groep sal twee werke uitvoer, waarna die massakoor van alle kore gesamentlik sal optree.

“Die Universiteit van Stellenbosch se Koperblaasensemble – onder die leiding van Pamela Kierman – sal ook tydens die geleentheid optree, en ook die begeleiding van die massakoor behartig”, sê Brent. Hierdie item is geskryf deur deur die plaaslike koorleier-komponis, Xander Kritzinger, wat ook die uitvoering daarvan, getiteld, The United Light, sal waarneem.

Hierdie feesgeleentheid – die hoofitem van die e’Bosch Erfenisprojek – word vanjaar vir die agste keer aangebied. Die e’Bosch Projek is gestig in 2011, as antwoord op die tydperk van sosiale uitsluiting, en is ‘n beklemtoning van die respek vir menslike waardigheid, die eliminering van sosiale onreg, en dienooreenkomstig die insluiting van alle belangstellendes. Dit is ook ‘n aanmoediging vir elkeen van ons om sy of haar eie kultuur te beoefen, en brûe tussen kultuur- en sosiale groepe te vestig en uit te bou.

Die 18 deelnemende primêre skole is AF Louw, Cloetesville, Devon Valley, Pieter Langeveldt, Ikaya, Dalabuhle, Groendal, Wes Einde, Wemmershoek, Bridge House, JJ Rhode, Klapmuts, Joostenberg, Vlottenburg, Raithby, Weber Gedenk, Dorothea Spesiale Skool en Simondium. Die 3 deelnemende sekondêre skole is Cloetesville, Lückhoff, en Stellenzicht.

Vir verdere inligting oor die Skoolkoorfees  kan Fiona Grayer genader word by 021-808 2358 of concerts@sun.ac.za.

GRATIS TOEGANG

Share This Story, Choose Your Platform!