Loading Events
  • This event has passed.

Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese  Blaasensemble is ook nou betrokke by die universiteit se eeufeesvierings en die Nasionale Erfenisdag op Saterdag 22 September om 3 nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die idioom van die parade- en gemeenskapsorkes, wat so tiperend is van die Wes-Kaap het miskien meer as enige ander medium daarin  geslaag om ‘n verskeidenheid van amateur- en professionele musici byeen te bring met hulle omvattende programme.

Die Ensemble sal aangevul word met die Kaapstadse Filharmoniese Jeug-ensemble, en kore van die e-Bosch Primêre Skool se Koorfees.

Die konsert sal begin met die Kaapstadse groep, onder die leiding van Dr Stephanus (Faan) Malan – ‘n vorige leier van die Stellenbosse Ensemble – met ‘n uitvoering van ‘n seleksie komposisies, insluitende Sketse van Suid-Afrika, Hidas, Colonial Song, musiek van Grainger, Parade of the Tall Ships, Chattaway en Jitterbug.

Die Windworx-ensemble opeenvolgend onder leiding van Sean Kierman, Faan Malan en Riaan van Wyk, sal onder meer ‘n mars van Prokofjef insluit.

Die US-blaasensemble, onder leiding van Pamela Kierman en Faan Malan met die eerstejaar Fransehoringspeler, Carin Donson, as solis in haar weergawe van Milner se Horingserenade, Smith se Africa: Ceremony, Song and Ritual,  Michel Schönberg se Miss Saigon,en sal afsluit met Francis se Song for Mandela. Laasgenoemde sal aangebied word deur die e-Bosch Primêre Skool se kore, ritmeseksie en blaasorkes.

Die uitvoering word afgesluit met ‘n massa-orkes, wat ook heelwat oudstudente en ander gemeenskapsvennote sal insluit, in geheel onder die leiding van Faan Malan.

Om ons Suid-Afrikaanse gees te nier sal daar voor en tydens die pouse boerwors-rolletjies en drankies te koop wees.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, asook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!