Loading Events

IAML KONGRES

Verdiep jouself in die klanke en betowerende ritmes van die Zimbabweise kitaar-ikoon, Louis Mhlanga, wat beskou word as een van die beste Afrika-jazzkitaarspelers van ons tyd. Ondersteun deur ‘n fenomenale ritmeseksie saamgestel uit top Suid-Afrikaanse musikante Schalk Joubert (baskitaar), Jonno Sweetman (tromme), Blake Hellaby (klavier), en ‘n spesiale verskyning deur plaaslike sangeres, Sima Mashazi, Mhlanga se repertorium-keuse sluit oorspronklike komposisies deur homself, Joubert, en Mashazi, asook bekende Suid-Afrikaanse jazz “standards” in. Geniet die unieke taal-tapisserië van Shona, isiZulu, isiXhosa, Afrikaans en Engels deur musiek.

Share This Story, Choose Your Platform!