Sunday Kelechi (tjello), Elna van der Merwe (klavier) Etensuurkonsert
15 October 2020 @ 1:00 pm - 2:00 pm
Sunday Kelechi (tjello), Elna van der Merwe (klavier)
ETENSUUR-KONSERTUITVOERING
Toegang is GRATIS!
Maskers moet te alle tye gedra word.
Toegang via Neethlingstraat om Covid-19 veiligheidsmaatreels te volg.
Program:
Elgar Cello concerto in E minor, Op. 85
i. Adagio
ii. Lento, Allegro Molto
iii. Adagio
iv. Allegro
Sarasate Zigeunerweisen, Op. 20 transcribed for cello and piano
Nigerian cellist Sunday Kelechi is a 2nd year Performance Diploma student at Stellenbosch University. He began playing the cello at the age of 13 at the Musical Society of Nigeria (MUSON) and in 2014 won the Music Quest Competition. In 2019 he was awarded the first prize in the Elna Elphick Cello Competition at SU. In the same year, Sunday appeared as soloist with the Cape Town Philharmonic Orchestra at both the Community Gala Concert at Artscape Opera Theatre and the Artscape Lunch Hour Concert. Sunday is also a member of the Cape Town Philharmonic Youth Orchestra and principal cellist of the Stellenbosch University Symphony Orchestra.
Elna van der Merwe was voltydse begeleier en deeltydse klavierdosent aan die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch tot 2001. Sedertdien is sy ad hoc-pianis en gesogte gesamentlike kunstenaar vir sowel plaaslike as internasionale kunstenaars soos Michelle Breedt (mezzo-sopraan), Douglas Masek (saksofoon), Maria Kliegel (tjello) en Susan Milan (fluit). Elna studeer klavier en orrel aan die Universiteit Stellenbosch en wen verskeie toekennings, stipendia en kompetisies. Sy tree as solis saam met verskeie nasionale orkeste op. Plaaslike instrumentaliste en sangers saam met wie sy gereeld optree is Zanta Hofmeyr, Zanne Stapelberg, die Suid-Afrikaanse Soprane, Niël Rademan, Maria du Toit, Liesl Stolz, Peter Martens en Suzanne Martens. In Mei 2011 tree sy as pianis saam met Zanta Hofmeyr in Malta op. Sy begelei ook die Libertaskoor tydens hul toere na België en die VSA. Sy is bekroon deur SAMRO uit dankbaarheid en in erkenning vir haar voortreflike diens as begeleier by die Oorsese Beurskompetisies. Sedert 1990 het sy in al die Unisa Internasionale Kompetisies vir sang, strykers en, meer onlangs, ook vir fluit en klarinet, as begeleier opgetree. As veelsydige pianis het sy saam met Zorada Temmingh as deel van The Blondes- klavierduet in twee klavierverwerkings opgetree by al die groot kunstefeeste in Suid-Afrika. In 2011 het The Blondes optredes in Israel en Londen gehad. Sy het baie CD’s en DVD’s saam met verskillende kunstenaars opgeneem en het op die beoordelaarspaneel van verskeie musiekkompetisies gedien.