Loading Events

Die Universiteit van Stellenbosch se Jazz Band is hier op die voorgrond, onder die leiding van Felicia Lesch. Soliste  is die sangers Karen Petersen en Joshua Swanepoel, terwyl die onlangs-aangestelde dosent aan die musiekdepartement, Lunathi Ncamini, ook sy buiging sal maak. Die program sluit in Suid-Afrikaanse gunstelinge soos Ntyilo Ntyilo, Grazin’ in the Grass, asook  items soos New York New York en At Last, om net twee te noem. Die solis in The Hornet van Artie Shaw klarinettis Feroll-Jon Davids.

Felicia is ‘n toegewyde ondersteuner van die idee om musiek as werktuig vir sosiale verandering te gebruik, en het die jazz-orkes gestig as een van die ensembles van die departement se Sertifikaatprogram – die voorbereiding van voorgraadse studie aan die departement.  Dit is deur hierdie program dat die breë gemeenskap toegerus word met musikale geletterdheid en instrumentale vaardigheid op ‘n vlak wat toelating tot die BMus- of  Diploma-program sal verseker.

Hou asseblief in gedagte dat die huidige beperkings vir lewendige konserte slegs 100 persone in die Endlersaal toelaat. Alle veiligheidbepalings van die Universiteit sal streng nagekom word ter beskerming van ons studente, personeel en patronate.

Die konsert vind plaas op Saterdag 17 April om 4 nm. Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (pensioenarisse en studente) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur een uur voor konsertaanvang. Kredietkaartfasiliteite en SnapScan-betalings is beskikbaar. LW Geen kontantbetalings nie! Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!