Loading Events

Die US Jazzband nooi u vriendelik uit na ‘n Erfenis Eeufeeskonsert gewy aan die beide die Universiteit se eerste 100 jaar, en ‘n eeufeeshulde aan wyle pres. Nelson Mandela. Dit vind plaas op Vrydag 11 Mei in die Endlersaal, en die ensemble staan onder die leiding van Felicia Lesch.

Die konsert is terselfdertyd ‘n hulde aan die jazz-kunstenaar en politieke aktivis Hugh Masekela. Die vokale kunstenaars wat by dié geleentheid gaan optree sluit in Sima Mashazi, Babalwa Meintjies en Mynhardt Kruger.

Hierdie US-ensemble het oor etlike jare heen reeds ‘n sprankelende geskiedenis: hulle mees onlangse uitvoering saam met Sibongile Khumalo, Gloria Bosman, Amanda Strydom en Timothy Moloi, tydens die 2018 Woordfees is ‘n klinkende bewys daarvan.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur ‘n uur voor aanvang.

Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!