US Koor
11 May 2019 @ 8:00 pm - 9:30 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks bied u met trots die Stellenbosch Universiteitskoor op Saterdag 11 Mei om 20h00 en Sondag 12 Mei om 16h30 en 19h30 in die Endlersaal. Die koor sal ook by hierdie geleentheid hulle onlangs opname-album (met die titel Heaven’s Flock) bekendstel.
Die Universiteitskoor is een van die oudste en mees gevierde kore in die land, en word saamgestel uit studente met ‘n verskeidenheid akademiese en kulturele agtergrond, wat aan hulle voordragte ‘n opwindende energie verleen. Onder die leiding van André van der Merwe het die koor wêreldwyd agting en bewondering afgedwing ydens hulle optredes by geleenthede soos die Wêreld-koorspele in China (2010), Cincinnati (2012, asook Litoue (2014), waartydens hulle gepresteer het met die hoogste puntetoekenning ooit, nl. van 99%. Meer onlangs tydens die Koorspele in Sochi (Rusland, 2016), het die koor weer eens al drie kategorieë gewen het, met ‘n totaal van 96%. Die koor beklee tans die eerste plek in die Interkultur-ranglys van die belangrikste 1000 kore wêreldwyd.
Die program bestaan ook uit ‘n opwindende groep werke wat in enige gehoor se smaak sal val.
Nkosi Sikelela iAfrika verwerk deur André van der Merwe
Ecce Vicit Leo – Peter Philips
Angele Dei – Susan LaBarr
Give me Hunger – Jake Runestad
Give me Jesus verwerk deur Richard Allain
Snow Dance for the Dead – Séan Doherty
After the Storm Mumford & Sons verwerk deur Tom Anderson
Epitaphium – Roberto Brisotto
Peter, go ring dem bells, verwerk deur Roderick Williams
Benggong – Ken Steven
I won’t give up – Jason Mraz verwerk deur Tom Anderson
Voshaarnooi – Louis van Rensburg verwerk deur André van der Merwe
The Rainmaker – Hans Zimmer verwerk deur André van der Merwe
Vir meer inligting skakel met Ulrike Vorndran, woord@sun.ac.za