PARANOID ANDROID

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Reis saam met Pierrot se Twilight Ensemble na 'n wêreld van vars perspektiewe wat die gaping tussen klassieke en kontemporêre genres oorbrug, en wat 'n psigedeliese ouditiewe avontuur beloof. Die program sluit in Schoenberg se Pierrot Lunaire, die ikoniese toonsetting vir kamer-ensemble van Albert Giraud se 21 gedigte oor Pierrot, die maansiek nar, verlore in 'n surrealistiese landskap [...]

from R145 – from R180

US Sangafdeling OPERA GALA

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Universiteit Stellenbosch Sangafdeling bied weer hierdie jaar hul gewilde “Opera Gala” aan op 30 Augustus. Die program sluit bekende arias en ensembles uit geliefde operas soos Bizet se Carmen, Le Nozze di Figaro en Don Giovanni van Mozart, asook La Bohème van Puccini in. Kore uit operas soos Verdi se Nabucco, I Pagliacci van Leoncavallo en Die Zauberflöte van Mozart word ook uitgevoer, om die indrukwekkende stemme van die afdeling se jong sangers ten [...]

from R60 – from R165

#ACTION4INCLUSION PALISSANDER-KONSERT met Palissander Kamerkoor

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Sluit by ons aan vir 'n spesiale musiekkonsert deur die Palissander-koor ter ondersteuning van #Action4Inclusion, gelei deur gewaardeerde advokaat en maatskaplike geregtigheid-kampioen, prof Thuli Madonsela. Die #Action4Inclusion skarebefondsingsinisiatief is 'n sleutelkomponent van die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds, en 'n topprioriteit vir die US. Dit is 'n deurslaggewende stap om studenteskuld te beëindig en studente [...]

R150

USSO onder leiding van Leon Bosch

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Wes-Kaapse liefhebbers van orkesmusiek sal Vrydag 6 September om 19:00 in die Endlersaal, Stellenbosch, die internasionaal bekroonde kontrabasspeler en dirigent, Leon Bosch, op die podium in Stellenbosch kan ervaar. Maestro Bosch sal die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) dirigeer tydens hul tweede simfoniekonsert van 2024. Die program bestaan​​uit Glinka se sprankelende Ruslan en Ludmilla-ouverture, gevolg deur WA [...]

from R60 – from R165

SYMPOSIUM OF SOUTH AFRICAN COMPOSERS

SU | US Konservatorium Stellenbosch, South Africa

Die 2de jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste (SoSAC) vind plaas van 9-13 September by die US Konservatorium in Stellenbosch. Hierdie unieke geleentheid bring komponiste, musiekskeppers, klankkunstenaars, en opvoeders bymekaar om kontemporêre Suid-Afrikaanse musiek oor 'n wye verskeidenheid van genres te deel en te vier. Dit is tans die enigste gebeurtenis van sy soort in die land, en [...]

HER FLUTE SPACE (SoSAC)

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Her Flute Space vertoon vier komposisies vir fluit(e) deur kontemporêre vrouekomponiste Lize Briel, Elizabeth Brown, Clare Loveday en veteraan-baanbreker komponis, Thea Musgrave. Hierdie fluitwerke verken akoestiese klank wat deur verskeie ruimtes beweeg. Die program spoor ’n mens aan om akoestiek as ’n argitektoniese “boog” (Brown), die konsertsaal as ’n duetmaat (Briel), die Onderwêreld as klankkapsule [...]

R60 – R165

HUBERT VAN DER SPUY NASIONALE MUSIEK KOMPETISIE GALA KONSERT (FINALE RONDTE)

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die jaarlikse Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie, nou in sy 35ste bestaansjaar, het ongetwyfeld een van die hoogtepunte van die SA musiekkalender vir die jongste uitskieters geword. Die kompetisie is die breinkind van professor Hubert van der Spuy, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (Tygerberg-tak), en ‘n legendariese SA musiekopvoeder. Die US [...]

R80

SU / UCT BIG BAND BLAST

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Maak gereed vir 'n onvergeetlike aand by die SU / UCT Big Band Blast! Hierdie dubbele Big Band-extravaganza, met die bands van die Universiteit Stellenbosch (olv Pascal Haas) en die Universiteit Kaapstad (olv Amanda Tiffin) beloof 'n aand propvol uitstaande jazz. Die program bevat 'n keurspel van SA jazz wat ons kultuur en unieke musikale erfenis vier. Benewens die viering van big band-musiek, bied hierdie vertoning ook 'n geleentheid om [...]

R50 – R100

EN ROUTE TO ESPAÑA! – Tygerbergkinderkoor & Kaapstad Camerata

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die bekroonde Tygerbergkinderkoor (olv Karina Erasmus) en Kaapstad Camerata (olv Leon Starker) sal SA in Tolosa, Spanje, verteenwoordig gedurende die 55ste Tolosa Baskiese Koorkompetisie. Slegs 6 kinderkore en 11 kamerkore van regoor die wêreld word genooi om deel te neem. In hierdie vertoning ter voorbereiding vir hul deelname, sal voorgeskrewe werke in die Baskiese taal [...]

R170

FRANZ TRIO – Musique pour faire plaisir!

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Franz Trio van Berlyn bied aan - Musique pour faire plaisir! - 'n boeiende program vol joie de vivre, wat Jean Francaix se tong-in-die-kies meesterlike Stryktrio, Jean Cras se evokatiewe Stryktrio, geïnspireer deur sy seevaart-ervarings as 'n vlootheld, asook Beethoven se bekoorlike vroeë Serenade insluit. 'n Onmisbare uitvoering deur 'n wêreldklas besoekende ensemble! Met [...]

from R60 – from R165