Alexander Ramm & Bryan Wallick Prestige Uitvoering

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Prestige-reeks van die Endler Konsertreeks stel graag aan u voor die Russiese tjellis Alexander Ramm, in ‘n program op Sondag 2 Junie om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Ramm is ‘n silwermedaljehouer van die Internasionale Tsjaikofski-kompetisie (Moskou, 2015), en behoort tot die jonger geslag van tjelliste. Hy is bekend vir sy artistieke instelling en [...]

R120 – R160

US Jazz Band vier Vrouemaand

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

As deel van vieringe rondom Vrouemaand bied die Endler Konsertreeks met trots die Fiësta-wenner, die Stellenbosch Universiteit se Jazzorkes aan, onder die leiding van Felicia Lesch, op Vrydag 16 Augustus om 8 nm. in the Endlersaal. Hierdie ensemble vier vanjaar hulle 10de jaar, en het gedurende die tydperk aansien verwerf vir hulle glinsterende en energieke [...]

R50 – R80

US Kamerkoor & Keulense Katedraal se Meisieskoor

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Universiteit van Stellenbosch se Kamerkoor, onder die leiding van Martin Berger, saam met die Keulense Katedraal se Meisieskoor, bied ‘n verskeidenheidsprogram van koormusiek uit die koortradisies van Duitsland en Suid-Afrika aan. Die US Kamerkoor is in 2014 gestig, as integrale deel van die Universiteit se Musiekdepartement. Afgesien van hulle gereelde uitvoerings tydens die jaarlikse [...]

R100 – R140

Blasersfees

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

In samewerking met die Suid-Afrikaanse Saxofoonsimposium bied die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Houtblasersensemble ‘n konsert aan op Saterdag 31 Augustus om 3nm. in die Endlersaal, Stellenbosch. Die konsert sal onder leiding staan van die Belgiese gasdirigent, Rik Ghesquière. Ghesquière is mede-stigterslid van die Vlaamse-Brabant Simfonieorkes, en trompetspeler in die Brusselse Filharmonie.Hy is ook die [...]

R40 – R60

Klavier-uitruilkonsert

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die klavierafdelings van die Universiteit se Musiekdepartement en dié van die Kaapstadse Musiekkollege snoer weer eens kragte saam vir die jaarlikse uitruilkonsert op Dinsdag 3 September om 7.30 nm in die Baxter Konsertsaal, Kaapstad, en Woensdag 4 September om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Vanjaar se program sal grootliks uit klaviertranskripsies van vokale musiek [...]

R40 – R60

Big Band-fees

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Tussen 4 en 6 September bied die SA Musieknavorsingsvereniging ‘n werkswinkel vir die Big Band-genre aan by die Universiteit van Stellenbosch, met opleiding in verwerking, komposisie, dirigering en uitvoering. Die personeel wat leiding sal gee is Felicia Lesch, Amanda Tiffin en Natalie Rungan. Die geleentheid val ook saam met die Musiekvereniging se jaarlikse kongres by [...]

R40 – R60

e’Bosch Skoolkorefees

Coetzenburg Sports-sentrum

Die reëlings vir vanjaar se e’Bosch Skoolkorefees, wat sowat 600 leerlinge van 21 skole uit die Stellenbosch-Franschhoek-area betrek, is reeds goed op dreef. Die feeskonsert sal plaasvind op Saterdag, 14 September om 3 nm. by die Coetzenburg Sportsentrum, en toegang is gratis. Die projekleier van die koorfees, Brent Reynolds verduidelik dat die 21 skole verdeel [...]

Free

Prestige Klaviertrio

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Prestige-reeks van die Endler Konsertreeks stel graag die Suid-Afrikaanse Prestige-klaviertrio bekend, wat op Sondag 15 September om 4:30 nm. in die Endlersaal optree. Violis Pieter Schoeman – konsertmeester van die Londense Filharmonie – het huis toe gekom om met die gewilde plaaslike pianis Albie van Schalkwyk en tjellis Anmari van der Westhuizen op te [...]

R120 – R160

Jeug-concertofees

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks is vanjaar weer eens die aanvoerder van die Jeug-concertofees, op Saterdag 21 September om 8 nm. in die Endlersaal. Jong soliste wat deur oudisies geidentifiseer word vir die fees sal saam met die Universiteitsimfonieorkes onder leiding van Corvin Matei. Prof. Matei was tussen 2006 en 2018 die musiekdirekteur en permanente dirigent van [...]

R100 – R140

Tim Kliphuis-trio

Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Endler Konsertreeks verwelkom graag die bekende Tim Kliphuis-trio uit Nederland terug. Hulle is bekend vir hul optredes tydens die Woordfees van beide 2017 en 2018. Vir eersgenoemde geleentheid was die Trio die wenner van die trofee vir die Beste Klassieke Musiekproduksie. Kliphuis, opgelei as klassieke violis, die ghitaarspeler Nigel Clark van Dublin, en die [...]

R100 – R140