#ACTION4INCLUSION PALISSANDER-KONSERT met Palissander Kamerkoor
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaSluit by ons aan vir 'n spesiale musiekkonsert deur die Palissander-koor ter ondersteuning van #Action4Inclusion, gelei deur gewaardeerde advokaat en maatskaplike geregtigheid-kampioen, prof Thuli Madonsela. Die #Action4Inclusion skarebefondsingsinisiatief is 'n sleutelkomponent van die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds, en 'n topprioriteit vir die US. Dit is 'n deurslaggewende stap om studenteskuld te beëindig en studente [...]
USSO onder leiding van Leon Bosch
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaWes-Kaapse liefhebbers van orkesmusiek sal Vrydag 6 September om 19:00 in die Endlersaal, Stellenbosch, die internasionaal bekroonde kontrabasspeler en dirigent, Leon Bosch, op die podium in Stellenbosch kan ervaar. Maestro Bosch sal die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) dirigeer tydens hul tweede simfoniekonsert van 2024. Die program bestaanuit Glinka se sprankelende Ruslan en Ludmilla-ouverture, gevolg deur WA [...]
SYMPOSIUM OF SOUTH AFRICAN COMPOSERS
SU | US Konservatorium Stellenbosch, South AfricaDie 2de jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste (SoSAC) vind plaas van 9-13 September by die US Konservatorium in Stellenbosch. Hierdie unieke geleentheid bring komponiste, musiekskeppers, klankkunstenaars, en opvoeders bymekaar om kontemporêre Suid-Afrikaanse musiek oor 'n wye verskeidenheid van genres te deel en te vier. Dit is tans die enigste gebeurtenis van sy soort in die land, en [...]
HER FLUTE SPACE (SoSAC)
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaHer Flute Space vertoon vier komposisies vir fluit(e) deur kontemporêre vrouekomponiste Lize Briel, Elizabeth Brown, Clare Loveday en veteraan-baanbreker komponis, Thea Musgrave. Hierdie fluitwerke verken akoestiese klank wat deur verskeie ruimtes beweeg. Die program spoor ’n mens aan om akoestiek as ’n argitektoniese “boog” (Brown), die konsertsaal as ’n duetmaat (Briel), die Onderwêreld as klankkapsule [...]
HUBERT VAN DER SPUY NASIONALE MUSIEK KOMPETISIE GALA KONSERT (FINALE RONDTE)
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie jaarlikse Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie, nou in sy 35ste bestaansjaar, het ongetwyfeld een van die hoogtepunte van die SA musiekkalender vir die jongste uitskieters geword. Die kompetisie is die breinkind van professor Hubert van der Spuy, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (Tygerberg-tak), en ‘n legendariese SA musiekopvoeder. Die US [...]
SU / UCT BIG BAND BLAST
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaMaak gereed vir 'n onvergeetlike aand by die SU / UCT Big Band Blast! Hierdie dubbele Big Band-extravaganza, met die bands van die Universiteit Stellenbosch (olv Pascal Haas) en die Universiteit Kaapstad (olv Amanda Tiffin) beloof 'n aand propvol uitstaande jazz. Die program bevat 'n keurspel van SA jazz wat ons kultuur en unieke musikale erfenis vier. Benewens die viering van big band-musiek, bied hierdie vertoning ook 'n geleentheid om [...]
EN ROUTE TO ESPAÑA! – Tygerbergkinderkoor & Kaapstad Camerata
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie bekroonde Tygerbergkinderkoor (olv Karina Erasmus) en Kaapstad Camerata (olv Leon Starker) sal SA in Tolosa, Spanje, verteenwoordig gedurende die 55ste Tolosa Baskiese Koorkompetisie. Slegs 6 kinderkore en 11 kamerkore van regoor die wêreld word genooi om deel te neem. In hierdie vertoning ter voorbereiding vir hul deelname, sal voorgeskrewe werke in die Baskiese taal [...]
FRANZ TRIO – Musique pour faire plaisir!
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Franz Trio van Berlyn bied aan - Musique pour faire plaisir! - 'n boeiende program vol joie de vivre, wat Jean Francaix se tong-in-die-kies meesterlike Stryktrio, Jean Cras se evokatiewe Stryktrio, geïnspireer deur sy seevaart-ervarings as 'n vlootheld, asook Beethoven se bekoorlike vroeë Serenade insluit. 'n Onmisbare uitvoering deur 'n wêreldklas besoekende ensemble! Met [...]
FULL CIRCLE
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaFull Circle bring SA-gebore violis Johanna Roos en pianis Roelof Temmingh Jnr, albei vooraanstaande alumni van die Royal College of Music in Londen, bymekaar vir 'n boeiende uitvoering wat Roelof Temmingh Snr se Sonate vir Viool en Klavier sal insluit. Die program delf verder in ’n gevarieërde tapisserie van klanklandskappe, deur Schubert se monumentale Fantasie in [...]
STELLENBOSCH JEUGORKES- Gala Konsert
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaSluit by ons aan vir 'n middag van musikale uitnemendheid tydens die Stellenbosch Jeugorkes se Galakonsert op 26 Oktober. Hierdie besonderse geleentheid stel die talent van jong musikante vanuit plaaslike skole ten toon, in 'n program wat beloof om gehore van alle ouderdomme te boei. Hiermee trek die plaaslike gemeenskap saam om dié jong span se toewyding en kunstenaarskap deur grootse [...]