Lank, lank gelede
Stellenbosch City HallDie Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble met trots ‘n konsert vir die hele gesin op Donderdag 9 Maart om 20h30, in Stellenbosch Stadsaal. Die konsert dra die titel “Lank, lank gelede”(of “Once upon a time…” (Duits: Es war einmal…; Vlaams: Er was eens…), wat ook die titel is van die hoofwerk van die aand, [...]
US Koor
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Stellenbosch Universiteitskoor is een van die oudste en bekendste kore in Suid-Afrika en bestaan uit studente vanuit verskillende akademiese en kulturele agtergronde – iets wat bydra tot die verkwiklike energie wat hul optredes kenmerk. Die koor is in 1936 deur William Morris gestig. Ná hom het verskeie koorleiers die koor gevestig as ’n invloedryke [...]
Spieëlbeeld
Spieëlbeeld/Mirror Image is ‘n ondersoek na die rol van filmmusiek, deur die wisselwerking tussen beeld en klank, meer spesifiek vanuit die die oogpunt van musiek wat die beeld dien, en omgekeerd beeld as aanvulling van die musiek. Hierdie oënskynlik teenstellende rolle word aangebied in die vorm van twee kortfilms: Foto, waarin die musiek funksioneer as [...]
Baroqueswing Vol.2
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaIn opvolging van hulle sukses tydens die Woordfees van 2015, keer die Charl du Plessis Trio vanjaar terug na die Endlersaal met Baroqueswing vol. 2. Die groep bestaan uit Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme) As een van die unieke Suid-Afrikaanse ensembles het die Trio bygedra tot die gewildheid van [...]
Sing! Suid Afrikaanse Lied
Die internasionaal bekende Duitse koorleier, Martin Berger het met die Stellenbosch Universiteiet se Kamerkoor die konsep “Afrikaanse lied” geherdefinieer deur die kombinasie van tradisie en hedendaagse video-ondersteuning. Sodoende word ‘n nostalgiese viering van die Arikaanse lied bewerkstellig. Die uitvoering vind plaas op Saterdag 11 Maart om 20h00 in die Endlersaal.
Megan-Geoffrey Prins Klavieruitvoering
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Woordfees in samewerking met die Endler Konsertreeks stel u graag voor aan die Suid-Afrikaanse pianis Megan-Geoffrey Prins. Prins is verteenwoordigend van die belangrikste van die jongergeslag Suid-Afrikaanse konsertpianiste. Sy indrukwekkende verhoogpersoonlikheid en suksesse by verskillende kompetisies het hom reeds wye bekendheid besorg as ‘n pianis met uitnemende tegniese vaardighede en oorweldigende musikaliteit. . Die [...]
The Last Rose of Summer
Ná meer as ’n dekade sedert hulle laaste optrede as duo, bied die Stellenbosse musici Hanneke Zwamborn (klavier) en Diederick Basson (orrel) ’n nuwe program van musiek vir klavier en orrel aan, wat musiek uit meer as drie eeue sal insluit. Na gevorderde studies onder Jan Wijn aan die Sweelinck Konservatorium in Amsterdam het Hanneke [...]
Palisandertaal
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaOm te “palissander” is “om gevoelvol in eenvoudige taal met ’n ondergrond van weemoed te dig” (Versreise, 2001, Tafelberg). In Palissandertaal kan jy luister na Arnold van Wyk se “Die Ou Paradys” (’n siklus van Leipoldt-toonsettings), asook verskeie toonsettings van Boerneef-verse en ander Afrikaanse digters deur Suid-Afrikaanse komponiste soos Hendrik Hofmeyr, Pieter de Villiers en [...]
Andrey Baranov (viool) & Maria Baranova (klavier)
Andrey Baranov (viool) en sy suster Maria Baranova (klavier) is konsertgaste van die Endler Konsertreeks, op Vrydag 24 Maart om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Baranov is die wenner van die Koningin Elisabeth Vioolkompetisie van 2012, en van die Benjamin Britten en Henri Marteau Internasionale Kompetisies. Sedrt sy debuut in 2005 met die St. Petersburg [...]
Messiah met Canticum Novum & Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Endler Konsertreeks bied op Saterdag 1 April (om 20h00) en Sondag 2 April (om 16h30) Händel se oratorium Messiah aan. Beide uitvoerings vind plaas in die Endlersaal, Stellenbosch. Die koorvereniging Canticum Novum voer hierdie gewilde werk uit saam met die University van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO), onder die leiding van Louis van der Watt. [...]