Die Kruisiging

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Ten spyte van `n opbloei van gewyde musiek oor `n taamlik wye spektrum in Suid-Afrika gedurende die laaste paar dekades, is `n toonsetting van die lydensgeskiedenis van Jesus Christus in Afrikaans nog nie aangepak nie. Met Die Kruisiging probeer Winfried Lüdemann hierdie leemte op `n beskeie wyse vul. Die Kruisiging is `n toonsetting van die [...]

R100 – R130

Raffaele Trevisani (fluit) & Paola Girardi (klavier)

Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western Cape

Die Italiaanse fluitis Raffaele Trevisani is een van die min leerlinge van Sir James Galway. Trevisani se goue fluit, tesame met pianis Paila Girardi se ondersteunende musikale sensitiwiteit is waarborge vir ‘n fassinerende reis deur ‘n repertoire wat toehespits is op die fluit as soloinstrument. Die program sluit in Corelli se La Folia-variasies, Poulenc se fluitsonate. [...]

R100 – R130

Moments in a Life

  Die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en politieke ikoon Denis Goldberg sal sy lewensverhaal vertel in ’n nuwe komposisie deur die Suid-Afrikaanse komponis Matthijs van Dijk. Goldberg is in 1933 gebore en het in ’n huis grootgeword wat toegewy was aan teenstand teen apartheid. Hy was betrokke by die Kongres van die Mense en die ontwikkeling van [...]

R100 – R130

Reflecting the Seasons

  Die Trio is een van die bekendste internasionale ensembles, soos gebaseer op hulle verstommende vaardighede. Hulle improvisasies is ‘n ware trekpleister, met ‘n repertoire wat strek vanaf klassieke musiek tot “sigeuner”-jazz in die styl van Stefan Grappelli. Die bekroonde violis Tim Kliphuis word bygestaan deur ghitaar-spesialis Nigel Clark en basspeler Roy Percy. Die uitvoering [...]

R100 – R130

Dizu Plaatjies en Ibuyambo

Op 7 Maart om 20h00 bied die Woordfees in samewerking met die Endler Konsertreeks die kombinasie Dizu Plaatjies en Ibuyambo. Tydens dieselfde konsert stel hulle ook hulle SAMA-bekroonde album Ubuntu – the common string vry. Ibuyambo het die plaaslike musiektoneel aangenaam verrras het met sy tradisionele en neo-tradisionele klanke, alles byeengebring deur orkesleier Dizu Plaatjies [...]

R100 – R130

Dancing on Glass

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Dancing on Glass is ‘n ko-produksie tussen die Odeion Strykkwartet en die Kaapstadse Dance for All-groep, waarby die media van strykkwartet en gechoreografeerde dans treffend byeengebring word op die basis van Philip Glass se minimalistiese musiek vir strykers. Ander musiek wat by geleentheid gehoor sal word, is Vierde Dans - uit die Suid-Afrikaner Kevin Volans [...]

R100 – R130

TwoPianists

Die Twee pianiste Luis Magalhães and Nina Schumann, beide professore aan die Universiteit van Stellenbosch, het waarskynlik geen bekendstelling by plaaslike gehore nodig nie. Die duo is in 2000 in die lewe geroep, en het uitgebreide buitelandse konsertreise na die VSA, Duitsland, Portugal, Oostenryk, Switserland en Japan onderneem, en wye byval gevind. Die feit dat [...]

R100 – R130

US Koor

Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van die oudste en bekendste kore in Suid-Afrika en bestaan uit studente vanuit verskillende akademiese en kulturele agtergronde – iets wat bydra tot die verkwiklike energie wat hul optredes kenmerk. Die koor is in 1936 deur William Morris gestig. Ná hom het verskeie koorleiers die koor gevestig as ’n invloedryke [...]

R60

SAXIT!

Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western Cape

  SAXIT is ‘n gemaklike groep saxofoonmusikante, met Joel Benjamin (sopraan/altsaxofoon), Jade de Waal (alt), Simon Bates (tenoor) en Gareth Harvey (bariton). Vir hierdie uitvoering word ‘n ruim repertoire-verskeidenheid voorsien: vanaf wakkermaak tot melancholie en feestelik. Werke sluit van hulle eie komposisies in, maar ook dié van Charlie Parker en van bekende plaaslike jazz-fundi soos [...]

R100 – R130

Metamorfose

Op Donderdag 9 Maart om 20h00 in die Endlersaal lewer die Universitiet van Stellenbosch se Camerata onder leiding van Leon Bosch ‘n uitvoering van Mozart se Klavierkonsert K414 en Richard Strauss se Metamorphosen vir 23 solostrykers. Die Camerata is a dinamiese kamerorkes wat bestaan uit dosente en studente van die Musiekdepartement, met Suzanne Martens as [...]

R100 – R130