Loading Events
  • This event has passed.

Die openingskonsert van die Endler Konsertreeks sal weer eens geskied in samewerking met die bekende Kaapstadse Kamermusiek-kollektief, met Suid-Afrikaanse musici Annien Shaw, Valentina Koleva-Vorster (viole), Uliana Alekseev (altviool), Nicola McLachlan (tjello) en Annelize de Villiers (klarinet) wat werke van Sjostakowitsj, Bowen en Brahms sal uitvoer. Die konsert vind plaas op Vrydag 17 Februarie in die Endlersaal.

Sjostakowitsj se sewende strykkwartet (1960) is opgedra aan sy eerste vrou. Die konsert sluit ook Brahms se bekende Klarinetkwintet in.

Kaartjies teen R150 (gewoon), R110 (pensioenarisse 60 +) en R50 (studente en skoliere) is tans beskikbaar by Webtickets, en by die deur, een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

PROGRAM

SHOSTAKOVICH Strykkwartet no. 7, op. 108

BRAHMS Klarinetkwintet in b-mineur, op. 115

Share This Story, Choose Your Platform!