Loading Events
  • This event has passed.

Die Prestige Endler Konsertreeks bied aan die internasionaal-bekende violis Michał Buczkowski, en pianis Andrew Wright, om 7:30 nm on Saterdag 25 Februarie in die Endlersaal.

Michał Buczkowski is ’n solis wat wye internasionale bekendheid verwerf het, met werkvertolkings vanaf Sebastian Bach tot eietydse komponiste. Hy is die ontvanger van verskeie toekennings van die Belgiese regering en die Poolse Minister van Kultuur en Nasionale Erfenis. Andrew Wright het reeds as konsertsolis met orkeste in die VSA, Mexiko en Nederland opgetree, en het etlike radio- en televisie-optredes tot sy krediet. Hy was die wenner in etlike kompetisies, waar onder die Internasionale Kompetisie in Wenen (2012), en San Daniele (2011).

Die duo het onlangs opnames gemaak vir die prestigeryke Austrian Gramophone. Die konsert sluit in musiek van Franse en Belgiese komponiste: Cesar Franck se Mélancolie en sowel Marcel Dupré as Guillaume Lekeu se vioolsonates. Die duo se opname van Dupré se werk is terselfdertyd die eerste daarvan.

Kaartjies teen R150 (gewoon), R110 (pensioenarisse 60 +) en R50 (studente en skoliere) is tans beskikbaar by Webtickets, en by die deur, een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

PROGRAM

MARCEL DUPRÉ- Sonate vir viool en klavier in g-mineur, op. 5

CÉSAR FRANCK- Mélancolie vir viool en klavier

GUILLAUME LEKEU- Sonate vir viool en klavier in G-majeur

Share This Story, Choose Your Platform!