Loading Events
  • This event has passed.

Die nuutgestigte IMAI Trio bring drie hegte kollegas bymekaar, elk ‘n prominente SA musikant in eie reg – klarinetspeler, Annelize de Villiers, dirigent en fagotspeler, Brandon Phillips, en pianis, José Dias. In hierdie opwindende nuwe ensemble gaan hulle die fassinerende musiek verken wat vir hierdie unieke instrumentale kombinasie geskryf is. Die Endler-gehoor sal getrakteer word op ‘n eklektiese program van trio- en duowerke, wat die verskillende instrumente se musikale karakters ten toon stel – wat hul kapasiteit vir elegansie, virtuositeit en liriek beklemtoon, en die perfekte versoenbaarheid van die klarinet en fagot in ‘n kamermusiek-omgewing vier, met die volle, dikwels amper orkestrale, ondersteuning van die klavier. Van die groot skaal van Beethoven se geliefde “Gassenhauer” Trio tot die opregte tragedie van Glinka se Trio Pathétique, en ’n bykomende skeut Argentynse tango deur Astor Piazzolla – dit is maar hoogtepunte van ’n konsertprogram wat nie misgeloop kan word nie.

Klik hier om program af te laai.

Share This Story, Choose Your Platform!