Klassieke Collage
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks se jaarlikse fondsinsamelingskonsert, Klassieke Collage vind plaas op Saterdag 18 Augustus om 20h00 in die Endlersaal. Vanjaar se konsert het as kunstenaars die Universiteit se simfonieorkes, met die binnekort uittredende fluit- en dirigeringdosent Corvin Matei, as solis in Mozart se Andante vir Fluit en orkes, K 315, en die bekende klavierduo Nina [...]
Lauren Dasappa en José Dias
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie plaaslike sopraan Lauren Dasappa, en pianis José Dias is die kunstenaars in ‘n program in die Fismersaal van die Universiteit van Stellenbosch. Die program strek oor ‘n wye terrein, en sluit in werk van Verdi, Brahms, Debussy en Bolcom. Dasappa is ‘n bedrewe operakunstenaar en oratoriumsolis. Hierbenewens is sy nou betrokke by die bewusmaking [...]
Monteverdi Vespers
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaOp 1 and 2 September sal die plaaslike Schola Cantorum, in samewerking met die Kamerkoor Lucente van München en die SU Camerata (met historiese instrumente) Claudio Monteverdi se Vespers in die Endlersaal aanbied. Die ensemble staan onder die leiding van Martin Berger. Hierdie grootse werk uit Venesië is stilisties ‘n skakel tussen die Renaissance en [...]
Monteverdi Vespers 2
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaOp 1 and 2 September sal die plaaslike Schola Cantorum, in samewerking met die Kamerkoor Lucente van München en die SU Camerata (met historiese instrumente) Claudio Monteverdi se Vespers in die Endlersaal aanbied. Die ensemble staan onder die leiding van Martin Berger. Hierdie grootse werk uit Venesië is stilisties ‘n skakel tussen die Renaissance en [...]
Alissa Margulis (viool) & Luis Magalhães (klavier)
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaAs deel van die Endler Konsertreeks tree die Antwerpse violis Alissa Margulis op saam met die plaaslike pianis Luis Magalhães, om 8 nm op Saterdag 8 September in die Endlersaal, Stellenbosch. Beide kunstenaars het weinig bekendstelling in Stellenbosch nodig – danksy hulle voortreflike werk tydens die afgelope Internasionale Kamermusiekfees. Margulis is al uitgesonder vir haar [...]
Bas-kontra-bas
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaRoxane Steffen,die hoof kontrabassis van die Kaapstadse Filharmonie , en dosent aan beide die Universiteiet van Stellenbosch en die Kaapstadse Musiekkollege, sal kragte saamsnoer met Mariechen Harley, wat onlangs teruggekeer het uit die VSA, waar sy haar PhD-studies (kontrabas) voltooi het. Tesame sal die duo die gehoor meevoer na die ongewone wêreld van die grootste [...]
Erfenisfeeskonsert met Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble is ook nou betrokke by die universiteit se eeufeesvierings en die Nasionale Erfenisdag op Saterdag 22 September om 3 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die idioom van die parade- en gemeenskapsorkes, wat so tiperend is van die Wes-Kaap het miskien meer as enige ander medium daarin geslaag om [...]
US / UCT Klavier-uitruilkonsert
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaVir hierdie program kom die klavierafdelings van die Universiteit Stellenbosch en dié van Kaapstad weer eens byeen vir hulle jaarlikse Uitruilkonsert. Dit vind plaas op Woensdag 16 September om 8 nm in the Fismersaal, Stellenbosch. Die plaaslike studente sal Mussorgski se Prente op ‘n Uitstalling uitvoer, en dié van Kaapstad Robert Schumann se Kinderszenen. Kaartjies [...]
Die Kunslied
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaChristian Bester (bariton) en Pieter Grobler (klavier) voer ‘n seleksie kleurvolle Franse en Afrikaanse kunsliedere uit. Op die program is Maurice Ravel se versameling liedere oor die dierelewe, Histoires Naturelles, Niel van der Watt se Boesman-liedsiklus) asook ‘n paar lighartige liedere uit Albie Louw se bundel: Lawwe Versies vir Stoute Kinders. Hierdie is ‘n vriendelike [...]
Beethoven, 9de simfonie
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks vier op gepaste wyse die Universiteit se 100ste verjaardag met ‘n uitvoering van waarskynlik die werk wat nie alleen ‘n hoogtepunt van die simfoniese genre teweeggebring het nie, maar terselfdertyd ‘n ongekend treffende musikale gebaar van hoop en broederskap verteenwoordig. Die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie (Koorsimfonie) vind plaas op Saterdag [...]