Die Kunslied
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaChristian Bester (bariton) en Pieter Grobler (klavier) voer ‘n seleksie kleurvolle Franse en Afrikaanse kunsliedere uit. Op die program is Maurice Ravel se versameling liedere oor die dierelewe, Histoires Naturelles, Niel van der Watt se Boesman-liedsiklus) asook ‘n paar lighartige liedere uit Albie Louw se bundel: Lawwe Versies vir Stoute Kinders. Hierdie is ‘n vriendelike [...]
Beethoven, 9de simfonie
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks vier op gepaste wyse die Universiteit se 100ste verjaardag met ‘n uitvoering van waarskynlik die werk wat nie alleen ‘n hoogtepunt van die simfoniese genre teweeggebring het nie, maar terselfdertyd ‘n ongekend treffende musikale gebaar van hoop en broederskap verteenwoordig. Die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie (Koorsimfonie) vind plaas op Saterdag [...]
Jeugorkes van die Rynland-Palatinaat
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Rynland-Palatinaat-Jeugorkes is is gestig in 1973, en is tans een van die bekendste jeugorkeste in Duitsland. Afgesien van gereelde uitvoerings in die Rynland onderneem die orkes ook gereelde buitelandse toere,soos dié na Israel, Griekeland, Spanje, Mexiko, die VSA en China. Die orkes sien hulleself nie slegs as ambassadeurs van die Rynland nie, maar vorm [...]
KOMPOS
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks, saam met die KOMPOS-studente en die Universiteit se Department van Afrikatale lewer die eerste uitvoering van ‘n unieke kunsliedversameling, soos beplan en uitgevoer deur studente van die Musiekdepartement se komposisie- en sangafdelings. Soos die naam KOMPOS suggereer, is hierdie departementele organisasie daarop ingestel om ‘n stimulerende omgewing daar te stel vir komposisiestudente [...]
Kaapstadse Filharmoniese Blaaskwintet
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks bied graag die Kaapstadse Houtblaaskwintet aan op Sondag 28 Oktober om 4:30 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die Kwintet bestaan uit die voorste houtblasers van die Kaapstadse Filharmonie, met ‘n program van nuwe sowel as klassieke gunstelinge uit die kwintet-repertorium. Die hoofspelers van die orkes is Gabriele von Durckheim (fluit), Daniel Prozesky [...]
Libertaskoor
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks bied graag die Libertakoor aan, onder leiding van Johan de Villiers, om 4:30 nm op Sondag 4 November in die Endlersaal, Stellenbosch. Die koor se eklektiese program bestaan uit gewilde a cappella koormusiek uit die klassieke repertorium, insluitende werke van Whitacre, Jenkins en Ešenvald, sowel as etlike nuwe verwerkings van ligte liedjies [...]
Die Virtuoso amateurs!
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Virtuoso Amateurs! is ‘n klavierfees wat elke jaar die beste klavier-amateurs en klavierliefhebbers byeenbring. Dit bied aan hierdie pianste geleentheid om voor die publiek op te tree en deel te neem aan meestersklasse by die mees geagte professionele musici. Die klavierfees het ‘n sterk internasionale dimensie, met ‘n verskeidenheid genooide deelnemers. Elke jaar word [...]
Megan-Geoffrey Prins Prestige Klavieruitvoering
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Prestigereeks van die Endler Konsertreeks stel graag die Suid-Afrikaanse pianis Megan-Geoffrey Prins se program bekend vir Saterdag 6 April, om 8 nm.in die Endlersaal, Stellenbosch. Prins het reeds ‘n indrukwekkende reputasie as pianis verwerf. Sy merkwaardige tegniese vaardigheid en oorvloedige musikaliteit het gelei tot sy benoeming as Standard Bank se Jong Kunstenaar-toekenning vir klassieke [...]
Duo Infinite: Dylan Tabisher & Cherilee Adams
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaAs deel van die Endler Konsertreeks verskyn die marimba-duo Dylan Tabisher and Cherilee Adams in ‘n program getiteld “Cross of Cultures". Beide Dylan en Cherilee is MMus-graduandi van die Universiteit van Stellenbosch University, en is ‘n goed gevestigde ensemble – sowel plaaslik as in die buiteland. Vir dié program konsentreer die duo op die unieke [...]