Lauren Dasappa en José Dias

Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die plaaslike sopraan Lauren Dasappa, en pianis José Dias is die kunstenaars in ‘n program in die Fismersaal van die Universiteit van Stellenbosch. Die program strek oor ‘n wye terrein, en sluit in werk van Verdi, Brahms, Debussy en Bolcom. Dasappa is ‘n bedrewe operakunstenaar en oratoriumsolis. Hierbenewens is sy nou betrokke by die bewusmaking [...]

R100 – R140

Monteverdi Vespers

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Op 1 and 2 September sal die plaaslike Schola Cantorum, in samewerking met die Kamerkoor Lucente van München en die SU Camerata (met historiese instrumente) Claudio Monteverdi se Vespers in die Endlersaal aanbied. Die ensemble staan onder die leiding van Martin Berger. Hierdie grootse werk uit Venesië is stilisties ‘n skakel tussen die Renaissance en [...]

R100 – R140

Monteverdi Vespers 2

Alissa Margulis (viool) & Luis Magalhães (klavier)

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

As deel van die Endler Konsertreeks tree die Antwerpse violis Alissa Margulis op saam met die plaaslike pianis Luis Magalhães, om 8 nm op Saterdag 8 September in die Endlersaal, Stellenbosch. Beide kunstenaars het weinig bekendstelling in Stellenbosch nodig – danksy hulle voortreflike werk tydens die afgelope Internasionale Kamermusiekfees. Margulis is al uitgesonder vir haar [...]

R120 – R160

Bas-kontra-bas

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Roxane Steffen,die hoof kontrabassis van die Kaapstadse Filharmonie , en dosent  aan beide die Universiteiet van Stellenbosch en die Kaapstadse Musiekkollege, sal kragte saamsnoer met Mariechen Harley, wat onlangs teruggekeer het uit die VSA, waar sy haar PhD-studies (kontrabas) voltooi het. Tesame sal die duo die gehoor meevoer na die ongewone wêreld van die grootste [...]

R100 – R140

Erfenisfeeskonsert met Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese  Blaasensemble

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese  Blaasensemble is ook nou betrokke by die universiteit se eeufeesvierings en die Nasionale Erfenisdag op Saterdag 22 September om 3 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die idioom van die parade- en gemeenskapsorkes, wat so tiperend is van die Wes-Kaap het miskien meer as enige ander medium daarin  geslaag om [...]

R40 – R60

US / UCT Klavier-uitruilkonsert

Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Vir hierdie program kom die klavierafdelings van die Universiteit Stellenbosch en dié van Kaapstad weer eens byeen vir hulle jaarlikse Uitruilkonsert. Dit vind plaas op Woensdag 16 September om 8 nm in the Fismersaal, Stellenbosch. Die plaaslike studente sal Mussorgski se Prente op ‘n Uitstalling uitvoer, en dié van Kaapstad Robert Schumann se Kinderszenen. Kaartjies [...]

R40 – R60

Die Kunslied

Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Christian Bester (bariton) en Pieter Grobler (klavier) voer ‘n seleksie kleurvolle Franse en Afrikaanse kunsliedere uit. Op die program is Maurice Ravel se versameling liedere oor die dierelewe, Histoires Naturelles, Niel van der Watt se Boesman-liedsiklus) asook  ‘n paar lighartige liedere uit Albie Louw se bundel: Lawwe Versies vir Stoute Kinders. Hierdie is ‘n vriendelike [...]

R100 – R140

Beethoven, 9de simfonie

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks vier op gepaste wyse die Universiteit se 100ste verjaardag met ‘n uitvoering van waarskynlik die werk wat nie alleen ‘n hoogtepunt van die simfoniese genre teweeggebring het nie, maar terselfdertyd ‘n ongekend treffende musikale gebaar van hoop en broederskap verteenwoordig. Die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie (Koorsimfonie) vind plaas op Saterdag [...]

R100 – R140

Jeugorkes van die Rynland-Palatinaat

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Rynland-Palatinaat-Jeugorkes is is gestig in 1973, en is tans een van die bekendste jeugorkeste in Duitsland. Afgesien van gereelde uitvoerings in die Rynland onderneem die orkes ook gereelde buitelandse toere,soos dié na Israel, Griekeland, Spanje, Mexiko, die VSA en China. Die orkes sien hulleself nie slegs as ambassadeurs van die Rynland nie, maar vorm [...]

R90 – R160