Erfenisfeeskonsert met Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese  Blaasensemble

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese  Blaasensemble is ook nou betrokke by die universiteit se eeufeesvierings en die Nasionale Erfenisdag op Saterdag 22 September om 3 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die idioom van die parade- en gemeenskapsorkes, wat so tiperend is van die Wes-Kaap het miskien meer as enige ander medium daarin  geslaag om [...]

R40 – R60

US / UCT Klavier-uitruilkonsert

Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Vir hierdie program kom die klavierafdelings van die Universiteit Stellenbosch en dié van Kaapstad weer eens byeen vir hulle jaarlikse Uitruilkonsert. Dit vind plaas op Woensdag 16 September om 8 nm in the Fismersaal, Stellenbosch. Die plaaslike studente sal Mussorgski se Prente op ‘n Uitstalling uitvoer, en dié van Kaapstad Robert Schumann se Kinderszenen. Kaartjies [...]

R40 – R60

Die Kunslied

Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Christian Bester (bariton) en Pieter Grobler (klavier) voer ‘n seleksie kleurvolle Franse en Afrikaanse kunsliedere uit. Op die program is Maurice Ravel se versameling liedere oor die dierelewe, Histoires Naturelles, Niel van der Watt se Boesman-liedsiklus) asook  ‘n paar lighartige liedere uit Albie Louw se bundel: Lawwe Versies vir Stoute Kinders. Hierdie is ‘n vriendelike [...]

R100 – R140

Beethoven, 9de simfonie

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks vier op gepaste wyse die Universiteit se 100ste verjaardag met ‘n uitvoering van waarskynlik die werk wat nie alleen ‘n hoogtepunt van die simfoniese genre teweeggebring het nie, maar terselfdertyd ‘n ongekend treffende musikale gebaar van hoop en broederskap verteenwoordig. Die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie (Koorsimfonie) vind plaas op Saterdag [...]

R100 – R140

Jeugorkes van die Rynland-Palatinaat

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Rynland-Palatinaat-Jeugorkes is is gestig in 1973, en is tans een van die bekendste jeugorkeste in Duitsland. Afgesien van gereelde uitvoerings in die Rynland onderneem die orkes ook gereelde buitelandse toere,soos dié na Israel, Griekeland, Spanje, Mexiko, die VSA en China. Die orkes sien hulleself nie slegs as ambassadeurs van die Rynland nie, maar vorm [...]

R90 – R160

KOMPOS

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks, saam met die KOMPOS-studente en die Universiteit se Department van Afrikatale lewer die eerste uitvoering van ‘n unieke kunsliedversameling, soos beplan en uitgevoer deur studente van die Musiekdepartement se komposisie- en sangafdelings. Soos die naam KOMPOS suggereer, is hierdie departementele organisasie daarop ingestel om ‘n stimulerende omgewing daar te stel vir komposisiestudente [...]

R40 – R60

Kaapstadse Filharmoniese Blaaskwintet

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks bied graag die Kaapstadse Houtblaaskwintet aan op Sondag 28 Oktober om 4:30 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die Kwintet bestaan uit die voorste houtblasers van die Kaapstadse Filharmonie, met ‘n program van nuwe sowel as klassieke gunstelinge uit die kwintet-repertorium. Die hoofspelers van die orkes is Gabriele von Durckheim (fluit), Daniel Prozesky [...]

R100 – R140

Libertaskoor

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks bied graag die Libertakoor aan, onder leiding van Johan de Villiers, om 4:30 nm op Sondag 4 November in die Endlersaal, Stellenbosch. Die koor se eklektiese program bestaan uit gewilde a cappella koormusiek uit die klassieke repertorium, insluitende werke van Whitacre, Jenkins en Ešenvald, sowel as etlike nuwe verwerkings van ligte liedjies [...]

R100 – R140

Die Virtuoso amateurs!

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Virtuoso Amateurs! is ‘n klavierfees wat elke jaar die beste klavier-amateurs en klavierliefhebbers byeenbring. Dit bied aan hierdie pianste geleentheid om voor die publiek op te tree en deel te neem aan meestersklasse by die mees geagte professionele musici. Die klavierfees het ‘n sterk internasionale dimensie, met ‘n verskeidenheid genooide deelnemers. Elke jaar word [...]

R100 – R140