Cape Chamber Music Collective: Klarinetkwintette
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie openingskonsert van die Endler Konsertreeks sal weer eens geskied in samewerking met die bekende Kaapstadse Kamermusiek-kollektief, met Suid-Afrikaanse musici Annien Shaw, Valentina Koleva-Vorster (viole), Uliana Alekseev (altviool), Nicola McLachlan (tjello) en Annelize de Villiers (klarinet) wat werke van Sjostakowitsj, Bowen en Brahms sal uitvoer. Die konsert vind plaas op Vrydag 17 Februarie in die Endlersaal. [...]
Prestige viool- en klavieruitvoering
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Prestige Endler Konsertreeks bied aan die internasionaal-bekende violis Michał Buczkowski, en pianis Andrew Wright, om 7:30 nm on Saterdag 25 Februarie in die Endlersaal. Michał Buczkowski is ’n solis wat wye internasionale bekendheid verwerf het, met werkvertolkings vanaf Sebastian Bach tot eietydse komponiste. Hy is die ontvanger van verskeie toekennings van die Belgiese regering [...]
Universiteitskoor Stellenbosch University Choir
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Universiteitskoor Stellenbosch, onder leiding van André van der Merwe, is een van die oudste kore in Suid-Afrika en bestaan uit studente van verskillende agtergronde – akademies én kultureel – iets wat ’n unieke energie en geweldige gees tot gevolg het. Die koor beklee meer as ’n dekade al die voorsteposisie van die internasionale Interkultuuranglys en het verskeie toekennings reg oor die wêreld gewen. Kom luisterna die besonderse klank van dié voortreflike groep sangers vir wie dit oor die vreugde van musiek gaan.
Universiteit Stellenbosch Kamerkoor
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Universiteit Stellenbosch Kamerkoor (SUKK) is 'n integrale deel van die US Departement Musiek, en die lede is ervare koorsangers wat streef na die allerbeste in vokale ensemble-uitvoering. SUKK poog om gehore met hul uitvoerings te inspireer deur beide plaaslik relevant en internasionaal gerespekteer te wees. Die SUCC word gedirigeer deur Martin Berger en die [...]
US / UK Klavieruitruilkonsert
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeNa die afgelope een-en-twintig jaar se suksesse, span die Universiteit Stellenbosch se Klavierafdeling weer kragte saam met dié van die Universiteit Kaapstad se Suid-Afrikaanse Musiekkollege vir hul jaarlikse Klavieruitruilkonsert. Die 2023-program sal Scriabin Preludes bevat. Konserte vind plaas op Vrydag 18 Augustus om 19:30 in die Fismersaal, US Konservatorium, Stellenbosch en Dinsdag 22 Augustus om [...]
SING SAAM: US & UK Sangdosente in Konsert
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaOp Saterdag 26 Augustus sal die Sangafdelings van die US Konservatorium en UK se Suid-Afrikaanse Skool vir Musiek (SACM) kragte saamspan vir 'n geskiedkundige, gesamentlike uitvoering van bekende kunsliedere en operawerke. Al die fakulteitslede handhaaf aktiewe professionele loopbane en hierdie program beloof om ’n opwindende vertoning van Kaapstad se beste sangers te wees. Met Violina [...]
Luis Magalhães Solo Klavieruitvoering
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaErvaar die kunstenaarskap van die pianis Luis Magalhães wanneer hy die Endler verhoog betree vir 'n boeiende klavieruitvoering van tydlose komposisies deur Mozart, Beethoven, Debussy en Prokofiëf. Terwyl hulle in verskillende tydperke geleef het en in unieke style gekompineer het, is daar tog verbande en invloede wat geidentifiseer kan word. Meesters van Musikale Evolusie - Hemelse [...]
USSO Jeug Concerto-fees
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie 2023 USSO Jeug Concerto-fees word weer op 8 September in die Endler gehou. Jong soliste wat suksesvol oudisies afgelê het om by hierdie fees op te tree, sal saam met die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) speel onder leiding van prof. Corvin Matei, wat ook vanjaar sy 70ste verjaardag vier. Die Fees, wat tradisioneel elke [...]
ELLE: Werke vir Tjello en Klavier deur Vroulike Komponiste
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaBabette Roosenschoon (tjello) en Esthea Kruger (klavier) bring musiek deur vroulike komponiste vir die tjello en klavier na die verhoog. Hierdie liriese werke, wat meestal romantiese komposisies bevat, is deur vroulike tydgenote van onder andere Brahms en Mendelssohn geskryf, maar is veel minder uitgevoer as gevolg van geslagsongelykheid, en word vandag steeds selde op die konsertverhoog [...]
Rossini se Petite Messe Solennelle
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaHierdie selde uitgevoerde Rossini se Petite Messe Solennelle in sy oorspronklike vorm vir koor, soliste, twee klaviere en harmonium beloof om een van die hoogtepunte by vanjaar se Endler-konsertreeks te wees. Die aangrypende werk se aanvanklike sukses het Rossini aangespoor om dit later te orkestreer - maar hierdie oorspronklike en meer ongewone weergawe, met sy fassinerende instrumentale teksture, het steeds sy gunsteling van [...]