Drie Kore
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie eerste konsert van die Tweede Seisoen van die Endler Konsertreeks vind plaas in die gees van die Internasionale Koorspele (World Choir Games), en bied gehore drie kore: Die Neuer Kammerchor (Berlyn), Simon Estes-koor (Khayelitsha), en die Amici de Lumine-jeugkoor van Kaapstad. Dié geleentheid vind plaas op Saterdag 21 Julie, om 20h00 in die Endlersaal, [...]
Saxofoon-Simposium Konsert
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaInternasionale kunstenaars Douglas Masek en Neal Stulberg se Suid-Afrikaanse toer: Nasionale Saxofoon-Simposium 2018. Hierdie saxofoonduo se Suid-Afrikaanse besoek begin binnekort, en behels ‘n uitgebreide toer rondom die Suid-Afrikaanse Saxofoonsimposium – die vierde jaarlikse onderneming deur die Suid-Afrikaanse Saxofoonvereniging. Masek en Stulberg is erkende leiers en uitvoerende kunstenaars op die gebied, Hulle besoek volg op uitnodiging [...]
Vrouedag met die US Jazzorkes
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks, in samewerking met die Stellenbosch Universiteit se Transformasiekantoor en die Voueforum bied ‘n konsert an ter viering van vanjaar se Vrouedag, op Woensdag 8 Augustus om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Hiervoor staan die Stellenbosch Universiteit se Jazz Band gereed, onder die leiding van Felicia Lesch, asook die Suid-Afrikaanse jazz-ikoon Gloria Bosman, [...]
US Kamerkoor
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Kamerkoor van die Universiteit van Stellenbosch, onder leiding van Martin Berger, is uitgnooi om deelmte hê aan die 12de Cantemus Internasionale Koorfees in Nyíregyháza, Hongarye, vanaf 16 tot 21 Augustus 2018. Die Kamerkoor is in 2014 gestig as ‘n integrale deel van die Universiteit se Musiekdepartement. Lede is musiekstudente en meer gevorderde koorsangers, wat [...]
Klassieke Collage
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks se jaarlikse fondsinsamelingskonsert, Klassieke Collage vind plaas op Saterdag 18 Augustus om 20h00 in die Endlersaal. Vanjaar se konsert het as kunstenaars die Universiteit se simfonieorkes, met die binnekort uittredende fluit- en dirigeringdosent Corvin Matei, as solis in Mozart se Andante vir Fluit en orkes, K 315, en die bekende klavierduo Nina [...]
Lauren Dasappa en José Dias
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie plaaslike sopraan Lauren Dasappa, en pianis José Dias is die kunstenaars in ‘n program in die Fismersaal van die Universiteit van Stellenbosch. Die program strek oor ‘n wye terrein, en sluit in werk van Verdi, Brahms, Debussy en Bolcom. Dasappa is ‘n bedrewe operakunstenaar en oratoriumsolis. Hierbenewens is sy nou betrokke by die bewusmaking [...]
Monteverdi Vespers
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaOp 1 and 2 September sal die plaaslike Schola Cantorum, in samewerking met die Kamerkoor Lucente van München en die SU Camerata (met historiese instrumente) Claudio Monteverdi se Vespers in die Endlersaal aanbied. Die ensemble staan onder die leiding van Martin Berger. Hierdie grootse werk uit Venesië is stilisties ‘n skakel tussen die Renaissance en [...]
Monteverdi Vespers 2
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaOp 1 and 2 September sal die plaaslike Schola Cantorum, in samewerking met die Kamerkoor Lucente van München en die SU Camerata (met historiese instrumente) Claudio Monteverdi se Vespers in die Endlersaal aanbied. Die ensemble staan onder die leiding van Martin Berger. Hierdie grootse werk uit Venesië is stilisties ‘n skakel tussen die Renaissance en [...]
Alissa Margulis (viool) & Luis Magalhães (klavier)
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaAs deel van die Endler Konsertreeks tree die Antwerpse violis Alissa Margulis op saam met die plaaslike pianis Luis Magalhães, om 8 nm op Saterdag 8 September in die Endlersaal, Stellenbosch. Beide kunstenaars het weinig bekendstelling in Stellenbosch nodig – danksy hulle voortreflike werk tydens die afgelope Internasionale Kamermusiekfees. Margulis is al uitgesonder vir haar [...]
Bas-kontra-bas
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaRoxane Steffen,die hoof kontrabassis van die Kaapstadse Filharmonie , en dosent aan beide die Universiteiet van Stellenbosch en die Kaapstadse Musiekkollege, sal kragte saamsnoer met Mariechen Harley, wat onlangs teruggekeer het uit die VSA, waar sy haar PhD-studies (kontrabas) voltooi het. Tesame sal die duo die gehoor meevoer na die ongewone wêreld van die grootste [...]